Henri Moissan | |
Gebore | Parys, Frankryk | 28 September 1852
---|---|
Oorlede | 20 Februarie 1907 (op 54) Parys, Frankryk |
Burgerskap | Frankryk |
Vakgebied | Chemie |
Alma mater | Collège de Meaux École Pratique des Haute Études |
Doktorale student(e) | Paul Lebeau Maurice Meslans |
Bekend vir | Isolering van die element fluoor |
Toekennings |
|
Handtekening |
Ferdinand Frédéric Henri Moissan (28 September 1852 - 20 Februarie 1907) was 'n Franse chemikus en apteker wat die Nobelprys vir Chemie in 1906 verower het vir sy werk om fluoor van die verbindings daarvan te isoleer. Hy was die ontdekker van kalsiumkarbied en die uitvinder die asetileenlamp. Hy het die gebruik van die elektriese smeltkroes in chemie en wetenskap bevorder en het die elektriese boogoond ontwikkel om hoë temperature te bereik, waarmee hy metale geïsoleer het en verskeie verbindings (soos bv. karbiede) vervaardig het.[1] Moissan was een van die oorspronklike lede van die Internasionale Komitee vir Atoomgewigte.[2]